Bepalings en voorwaardes
Baie welkom by ons aanlyn portaal vir oordbesprekings. Lees asseblief die bepalings en voorwaardes noukeurig en klik op die “Ek aanvaar”-skakel om voort te gaan.
Deur van hierdie aanlyn besprekingsportaal gebruik te maak, bevestig jy dat jy jou verbind tot die volgende reëls, en indien die reëls oortree word, sal jou bespreking gekanselleer word, sal inbetaling volgens die nieledetarief moet geskied, en kan jou lidmaatskapstatus heroorweeg word.
- Die standaard-oordbepalings en -voorwaardes geld steeds, sowel as die aanlyn besprekingsvoorwaardes wat hier beskikbaar is: https://www.atkvoorde.co.za/bepalings-en-voorwaardes/
- Die persoon wat bespreek, bevestig dat hulle die amptelike lid is wat die bespreking onder hul eie persoonlike ID-nommer maak en dat hulle die bepalings en voorwaardes aanvaar deur op die regte aanlyn besprekingsportaal te bespreek.
- Die lid onder wie se ID-nommer die bespreking gemaak is, moet tydens aankoms teenwoordig wees met hul ID/paspoort as bewys. Die lid moet ook vir die volle duur van die bespreekte verblyf op die oord teenwoordig wees.
- Lede mag onder geen omstandighede die internetskakel (URL) met nielede deel nie. Nielede wat die skakel gebruik om ’n bespreking te maak, sal die volle jaarlikse ledegeld of die verskil tussen die lede- en nieledetarief moet inbetaal.
- Ledetariewe geld slegs vir besprekings wat direk per telefoon, e-pos of deur ons aanlyn besprekingsportaal gemaak word, en deur die ATKV hanteer word, en geld nie vir besprekings wat deur derdepartybesprekingsagente gedoen word nie. Let asseblief daarop dat inbelbesprekings nie vir hierdie aanbod kwalifiseer nie en dat hierdie ’n eksklusiewe aanlyn aanbod vir lede is. Let asseblief verder daarop dat aanlyn besprekings wat gedurende ’n voorkeurbesprekingsperiode gemaak word, en wat betrekking het op verblyf in ’n voorkeurperiode, nie vir hierdie aanbod kwalifiseer nie.
- Lede wat hul lidmaatskap maandeliks betaal, moet asseblief kennis neem dat hulle eers ná ses maande van aktiewe lidmaatskap sal kwalifiseer vir die spesiale tariewe wat aan lede beskikbaar is.
- Lede kan die volgende aantal verblyfeenhede of kampeerstaanplekke teen die ledetarief bespreek:
- Tarief 4 (middel) = 2 (twee) verblyfeenhede of kampeerstaanplekke. Slegs van toepassing by ATKV-Natalia.
- Tarief 3 (laag) = 3 (drie) verblyfeenhede of kampeerstaanplekke.
- Tarief 2 (middel) = 2 (twee) verblyfeenhede of kampeerstaanplekke.
- Tarief 1 (hoog) = 1 (een) verblyfeenheid of kampeerstaanplek.
- Die tariefkaarte van elke oord kan op die betrokke oord se webblad gesien word ten einde die korrekte aantal verblyfeenhede of kampeerstaanplekke teen die toepaslike tarief te bespreek.
- Neem ook asseblief kennis dat hierdie ledevoordeel slegs opgeneem kan word waar die verblyfeenhede of kampeerstaanplekke almal deel vorm van een bespreking met dieselfde aankoms- en vertrekdatum, en kan dus nie as 2 (twee) of 3 (drie) afsonderlike besprekings opgeneem word nie. Indien 4 (vier) of meer verblyfeenhede of kampeerstaanplekke verlang word, kan die eerste 3 (drie) verblyfeenhede of kampeerstaanplekke deur hierdie portaal bespreek word, en enige bykomende verblyfeenhede of kampeerstaanplekke kan deur www.atkvoorde.co.za/bespreek bespreek word. Onderhewig aan beskikbaarheid.