Report Viewer Configuration Error
The Report Viewer Web Control HTTP Handler has not been registered in the application's web.config file. Add <add verb="*" path="Reserved.ReportViewerWebControl.axd" type = "Microsoft.Reporting.WebForms.HttpHandler, Microsoft.ReportViewer.WebForms, Version=11.0.0.0, Culture=neutral, PublicKeyToken=89845dcd8080cc91" /> to the system.web/httpHandlers section of the web.config file, or add <add name="ReportViewerWebControlHandler" preCondition="integratedMode" verb="*" path="Reserved.ReportViewerWebControl.axd" type="Microsoft.Reporting.WebForms.HttpHandler, Microsoft.ReportViewer.WebForms, Version=11.0.0.0, Culture=neutral, PublicKeyToken=89845dcd8080cc91" /> to the system.webServer/handlers section for Internet Information Services 7 or later.
|
|
|
|
| | | | | | | | | | Hierdie tak is gebaseer in Vrede, Vrystaat. |
| | | Ons is al sedert 25-07-2018 aktief besig om `n verskil in die gemeenskap te maak. |
| | | Ons nooi jou uit om deel te word van ons tak en ons aktiwiteite.
Kontak Mnr Coenraad Van Rensburg asseblief vir verdere inligting.
Selfoonnommer: +27836098443 E-posadres: coenraadv@atkv.org.za |
| | | | | Kyk hier na van ons huidige/onlangse projekte: |
| | | | | | | | | Speletjiesaand vir die Laerskool |
| | | | | Gr. 1 - 3 het apart van Gr. 4 - 7 deelgeneem in verskillende tydsgleuwe. Binnenshuise hokkie met "swembadnoedels", mini-gholf, mini-basketbal, mini-kegelspel, balletjies in koppies ingooi, raai hoeveel lekkers in 'n bottel asook 'n danskompetisie het alles deel van die aand uitgemaak. Die Gr.11's het hul snoepie beskikbaar gestel wat gehelp het met hul fondsinsameling vir die matriekafskeid van 2024. |
|
| | | | | | | | | Daar is slegs op Afrikaanse musiek gedans/gesokkie. Taklede het heerlike eetgoedjies gemaak en geborg om verkoop te kon word. Die toegangsgeld sowel as die eetgoedverkope is het bygedra tot die geskenkpakke wat die werkers op Nasionale Werkersdag ontvang het. |
|
| | | | | | | Fokus: Gemeenskap-Sosiaal Maatskaplik |
| | 6 skoolwerkers is met geskenkpakke bederf. Verskeie produkte is in die pakke geplaas: o.a. tuisgemaakte "boerseep" om lekker mee te bad. Die geskenke is voor die hele skool ontvang waar hul bedank is vir die groot verskil wat hul by die skool maak bv om bome by die kwekery te gaan haal, die saal reg te kry vir ATKV-funksies, skoonmaak na afloop van takprojekte, ens. Enige take word altyd blymoedig gedoen. |
|
| | | | Boomplant- & Aardedagkombinasie |
| | | Fokus: Gemeenskap-Omgewingsbewustheid |
| | Die tak het 3 nuwe bome op die skoolterrein aangeplant. Daar was 'n behoefte aan nuwe bome siende dat bome wat voorheen aangeplant is, ongelukkig gevrek het. Groot dank en waardering is veral aan die skoolwerkers uitgespreek wat werklik baie met die plantproses gehelp het. |
|
| | | | Afrikaanse Trivia en- spelaand |
| | | | | Gr 4 - 6 leerders het aan 'n spelkompetisie deelgeneem. Die Gr 5's was die wenners. Gr 7 - 12 leerders het gekompeteer op die gebied van algemene kennis. Vrae is opgestel uit die "Credo Bybelkennis" speletjie, "Meer bek as binnegoed" idiomespeletjie en "Volgende stop" speletjie. Die klas met die meeste maats teenwoordig was die Gr 6's terwyl die Gr 4's en Gr 11's onderskeidelik die meeste gees gehad het! |
|
| | | | | | | Fokus: Gemeenskap-Onderwys &Opleiding |
| | Reeds in 2023 is 'n fondsinsameling gehou vir die aankoop van pennesakkies om dan vir vooraf geidentifiseerde leerders wat dit aan die begin van 2024 benodig het, te gee. Ouers wat rapporte in Desember 2023 kom haal kon ook vrywillig 'n bydrae gemaak het. Daar is genoeg oor vir toekomstige gebruik en die oorloop sal aan naburige skole geskenk word. |
|
| | | | | | | Fokus: Gemeenskap-Sosiaal Maatskaplik |
| | Shaun Cairns vergesel deur die ATKV-streeksbestuurder : KZN & Oos-Vrystaat - Coenraad van Rensburg, het 'n aanbieding kom doen hoe om volhoubare organiese groentetuine te vestig. Die idee is om die groente na behoeftiges in die gemeenskap te versprei maar ook vir skole se voedingskemas |
|
| | | | | | | | | Gr R - Gr 7 het "Kampterrein" gekyk en Gr 8 - 12 het "Thys & Trix" in 2 afsonderderlike sessies gekyk. Leerders het vooraf keuses gehad oor watter flieks hul wou kyk en die met die meeste stemme was toe die genoemdes. Daar is min geleenthede soos dit in Vrede en gewoonlik moet mense ver ry na groter dorpe daarvoor. |
|
|
|
|
| |
|
|