Skip to main content
Loading
Toggle search
Toggle navigation
language
English
Afrikaans
Keyword Search
Teken In
Tuis
Ons storie
Nuus
Sluit aan
Neem deel
ATKV in jou dorp
Kalender
Share this page
Share on Facebook
Share on Twitter
Share on LinkedIn
Email
More options
Bookmarks
Google+
MySpace
Reddit
StumbleUpon
Tumblr
Yammer
ATKV-DigiSpanpraat 2023
VIER VAAR BETER AS EEN!
“Praat Saam” is nie net ’n radioprogram nie. Vier vaar inderdaad beter as een!
Met ATKV-DigiSpanpraat, ’n opwindende nuwe digitale platform, kan jong redenaars hulleself en hulle redeneervermoë behoorlik toets
Waar een redenaar gewoonlik sy standpunt vorm en dan ’n gehoor daarvan moet oortuig, berus die onus nou op die span om mekáár eers van elke standpunt te oortuig voordat hulle uit een mond kan praat.
Spanne kan dus van ’n afstand af hulle opinies, idees en oortuigings orden om daardie een standpunt met mening oor te dra terwyl hulle verskillende persoonlikhede mekaar aanvul en ondersteun.
Maak jou reg vir kreatiewe invalshoeke, innoverende uitgangspunte, skerp redenasies en veelkantige argumente wat die deelnemende spanne as oortuigingstaktiek gaan gebruik.
Goeie spanwerk vorm die kern, en ons is opgewonde om te sien hoe hierdie boustene van deeglike beredenering spanne van vier gaan help om nuwe hoogtes te bereik.
Lees volledige inligting in die projekgids deur hierdie skakel te volg:
klik hier
.
INSTRUKSIES VIR INSKRYWINGS DEUR INDIVIDUE EN OUERS:
Kies om ’n span op jou eie profiel te registreer deur te klik op “Registreer myself”. Indien jy ’n tweede span wil registreer, klik op “Registreer iemand anders”, voltooi een van die spanlede se inligting (net die verpligte velde) en klik op “Save & Close”, waarna die platform jou na die bladsy sal neem waar jy die res van die span se inligting kan voltooi.
Voltooi die span se inligting in die gegewe velde, en klik op “Save Responses”. Klik dan op “Proceed to Checkout”. Klik dan op “Place order”.
Betaal op die platform via kredietkaart of die “Instant EFT”-funksie, of kies om later te betaal. As jy laasgenoemde kies sal ’n faktuur genereer word met besonderhede vir betaling via eksterne EFT. Hierdie faktuur sal gegenereer word en gestoor word onder die “Betalings”- of “Finansies”-bladsye wat op jou tuisblad is (Gebruik die verwysing op die faktuur sodat die stelsel jou betaling met die inskrywing kan rekonsilieer). ONTHOU: As jy op die stelsel betaal, sal jou krediete dadelik wys. Indien jy ’n EFT doen, moet jy 24 uur wag.
Wanneer die betaling ontvang is, sal jy op jou tuisblad onder die “ATKV-Projekte”-bladsy, by “ATKV-DigiSpanpraat” ’n skakel sien waar die span se video opgelaai kan word. Klik op “Laai ATKV-DigiSpanpraat inskrywing”.
Deelnemers wat inskryf, moet die ATKV kontak om te bevestig of die inligting wel ontvang is as hulle binne een week geen bevestiging van ontvangs kry nie.
INSTRUKSIES VIR INSKRYWINGS DEUR SKOLE:
Op jou profiel se tuisblad, wanneer jy verder afbeweeg op die bladsy, sal jy ’n “My Skole”-skakel sien waarop jy moet klik.
Indien jy nie hierdie bladsy sien nie, skakel asb. vir Jacqueline by 011 919 9038.
Klik dan op jou skool se naam, wat jou na die skool se profiel sal neem.
Indien jy nie jou skool se naam sien nie, skakel asb. vir Jacqueline by 011 919 9038.
Klik op die blou “Koop krediete vir ATKV-Projekte”-skakel.
Kies ATKV-DigiSpanpraat op die lys van opsies onder “Produk”.
Sleutel die aantal krediete of inskrywings in vir die aantal spanne wat deur die skool ingeskryf gaan word.
Kies om jou skool te faktureer deur op “vol faktuur” te klik. Die faktuur sal op die skool se “Fakture”-bladsy gestoor word. Laat asb. ’n minuut toe vir die stelsel om die faktuur te genereer.
Die skool, of die skakelpersoon, kan die skool se betaling maak op die platform (via veilige betalingsopsies soos die kredietkaart- of “Instant EFT”-fasiliteit) of via eksterne EFT.
Wanneer die betaling ontvang is (en verskyn op die bankstaat van die ATKV), sal die krediete op die skool se profiel gelaai word, onder die “Projekte en Krediete Allokasies”-bladsy, by “ATKV-DigiSpanpraat”, waar krediete aan spanne toegeken kan word deur hulle besonderhede te bevestig. Elke span se toespraak word ook hier in videoformaat opgelaai.
When
2023/05/15 - 2023/07/30 11:00 PM
Where
Aanlyn
Inskrywings vir ATKV-DigiSpanpraat het gesluit. Kontak jacquelineg@atkv.org.za vir laat inskrywings.
My registration status:
Not registered
Sign In
Username
Required
Password
Required
Forgot username?
|
Forgot password?
Create a new account
{1}
##LOC[OK]##
{1}
##LOC[OK]##
##LOC[Cancel]##
{1}
##LOC[OK]##
##LOC[Cancel]##