ATKV-DigiKuns: Registrasies vir individue en ouers

ATKV-DigiKuns: Registrasies vir individue en ouers
WYS JOU ARTISTIEKE SLAG!

Het jy ’n passie vir die kunste en kultuur?

Dan is die ATKV se digitale kunskompetisie net vir jou! Die ATKV bly toegewyd aan die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur en glo dat dit kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing. Daarom moedig ons jou aan om jou kunswerk te skep en in te skryf, en terselfdertyd jou kreatiwiteit in 2021 ’n groot hupstoot te gee!

ATKV-DigiKuns is ’n opwindende digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging stel aan laer- en hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense.

Deelnemers word gevra om ’n Afrikaanse lied, of ’n lied in enige ander amptelike landstaal van Suid-Afrika, of jou eie lied te kies en ’n visuele interpretasie daarvan te skep in die vorm van ’n oorspronklike kunswerk. Spring dus nou aan die werk en spog met jou artistieke slag op hierdie spesiale kuns-en-kultuurplatform, enig in sy soort.  

Lees volledige inligting in die projekgids deur hierdie skakel te volg: klik hier.
When
2021/05/12 - 2021/05/21
Where
Aanlyn
Inskrywings vir ATKV-DigiKuns het gesluit. Kontak jacquelineg@atkv.org.za vir laat inskrywings.
My registration status: Not registered

Sign In