Instruksies
- Jy kan al die kunswerke in hul onderskeie kategorieë besigtig.
- Maak ’n nota van die kunswerk se naam. Die volledige naam, saam met die unieke kode, is belangrik aangesien deelnemers dikwels dieselfde titel vir hul werk gebruik het.
Voorbeeld: 407 – Droomwêreld. As ek die sterre kon vasvang…
Wanneer jy gereed is om te stem, gaan na die “Stem”-skerm.
- Dui jou wenner per kategorie aan.
- Maak seker jy kies die regte opsies en dien jou stem in.
- Jy sal ’n bevestiging ontvang dat jou stem gestoor is.
Let wel: Die kunswerke se name word presies weergegee soos deur die deelnemers ingedien. Dit word gedoen om die integriteit van die inskrywings te beskerm.