SLUIT AAN

Die gewaardeerde lede van die ATKV het gehelp dat ons die afgelope jaar die volgende kon bereik:
vir 200 kinders by 5 AbbAsorgsentrums regoor die land daagliks ’n veilige omgewing skep waar hulle gehalteopvoeding en -versorging ontvang;
by minstens 1 853 hoërskooldeelnemers ’n liefde vir toneel skep deur die ATKV se Tienertoneelkompetisie (en die syfer sluit gehore uit);
ATKV-Applous, die oudste koorkompetisie in die land, vir 5 802 leerders aanbied; 
4 674 raakpraters die geleentheid gee om hul sê met selfvertroue te sê tydens die ATKV-Redenaarskompetisie;
vir 153 deelnemers aan die ATKV se DigiToneelkompetisie ’n platform gee om hul spel vir kamera te ontwikkel en ’n kans te staan om hul buiging op televisie te maak in die VIA-program Gekies vir die Kollig; 
deur die Vriende van Afrikaans ’n liefde vir lees kweek deur 60 boektrommels aan goedbestuurde, geregistreerde kleuterskole en grondslagfaseklasse te versprei;
deur 320 ATKV-takke met honderde toonaangewende projekte die tema #weesdieverskil regoor Suid-Afrika en Namibië uitleef. 


Om aan te sluit, klik hier .