SKENK AAN DIE ATKV

Die ATKV trap al vir meer as 90 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap.

Gemeenskappe bly die spil waarom die ATKV se doen en late draai en dit is vir ons belangrik om ons erfenis te beskerm, uit te bou en ’n blywende nalatenskap agter te laat. 

Om volhoubare ondersteuning te bied aan projekte wat erfenis vier, lees bevorder en kinders met hul voorskoolse ontwikkel bystaan, het ons jou hulp nodig.

Kom woeker saam met ons en help om ’n leeftyd se verskil te maak.

Kontak gerus vir Wendy Homann vir meer inligting oor die Woekerfonds se werksaamhede by 011 919 9000 of woekerfonds@atkv.org.za.