

Sou jy uitdagings
ondervind om jou SIM-kaart te RICA via WhatsApp, kan jy ook die SIM-kaart RICA
deur dieselfde stappe op ’n ander selfoon te volg.
Sit die ATKV-selfoonnetwerk-SIM-kaart in jou
selfoon.
Maak WhatsApp op ’n ander selfoon oop
en stuur die woord RICA na 063 901 0001.
Jy sal dadelik stappe ontvang om jou
outomaties deur die RICA-proses te lei. Die eerste boodskap wat ons bot aan jou
sal stuur, is waar jy jou e-SIM-kaart of jou fisieke SIM-kaart se reeksnommer
kan vind. Jy sal jou SIM-reeksnommer moet invoer om voort te gaan.
Nadat jy jou reeksnommer ingevoer het, sal jy
gevra word om te kies of jy ’n Suid-Afrikaanse burger met ’n ID-dokument is, of
nie. Kies asseblief “Ja” of “Nee”. As jy “Nee” kies, sal jy gevra word om jou
paspoortnommer in te voer.
Wanneer
jy klaar jou ID-nommer of paspoortnommer ingevoer het, sal jy gevra word om ’n
selfie te stuur.